Lee Malan

Lee Malan

Kos

Ouma se aartappel-en-ui-slaai met ’n kinkel

Ek onthou hoe ek hierdie slaai as kind by my ouma geëet het. Die halloumikaas is my ekstra’tjie.
Genoeg vir 4
Gaarmaaktyd: 10 minute

  • 6 aartappels, gekook en geskil
  • 1 ui, in ringe gesny
  • 5 tamaties, in kwarte gesny
  • 50 ml asyn
  • 30 ml suiker
  • 100 ml olyfolie
  • hand vol pietersielie, gekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper
  • 400 g halloumi-kaas, in skywe gesny
  • eetbare blomme vir versiering

Sny aartappels in skywe en meng met ui en tamaties om slaai te maak. Maak sous vir  slaai van asyn, suiker, olyfolie, pietersielie en knoffel. Geur met sout en peper. Verhit ’n pan oor matige hitte en braai halloumi tot bros en bruin. Voeg by aartappelslaai en sit voor met slaaisous. Versier met eetbare blomme.