Foto deur Lee Malan SARIE KOS OKT/NOV 2013

Resepte

Papaja-gerookte-hoender-en-kasjoeneut-slaai

Genoeg vir 2

• 1 papaja, afgeskil, pitte verwyder en in repe gesny
• 300 g ontbeende gerookte hoenderborsies, in repe gesny
• 100 g kasjoeneute, gerooster
• 1 x 400 g-blik kekerertjies (chickpeas), gedreineer en afgespoel
• klein hand vol vars kruisement en vars koljander, grofgekap
• 1 rooi-ui, in ringe gesny
• 120 ml olyfolie
• 40 g vars bronkors (watercress)

Rangskik papaja op ’n opdienbord. Meng hoender, neute, kekerertjies, kruisement en koljander saam. Skep bo-op papaja en meng versigtig deur. Rangskik uieringe bo-op en sprinkel met olyfolie en bronkors.