sk08_3samara01
Resepte

Parmaham met gekaramelliseerde rooi-ui en beetslaai

(2 porsies)

  • 10 ml olyfolie
  • 1 klein rooi-ui, in dun skywe gesny
  • 10 ml ligte bruinsuiker
  • 15 ml balsemasyn
  • 4 heel baba-bete, gaar en gehalveer
  • 2 ml korrelmosterd
  • 3 ml peperwortelsous
  • 15 ml witwynasyn
  • 85 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 50 g gemengde baba-slaaiblare (roket, bronkors, baba-beetblare)
  • 6 snye Parmaham, in groot stukke geskeur

Verhit die 10 ml olyfolie in ’n klein pannetjie. Braai die ui vir so 2 – 3 minute tot sag, maar nie gekleur nie. Sprinkel die suiker oor en braai tot die suiker gesmelt het. Voeg die balsemasyn by. Kook tot dit feitlik verdamp het. Voeg die beet by en braai tot die beet deurwarm is. Meng die mosterd, peperwortelsous, witwynasyn en olyfolie. Geur met sout en swartpeper. Plaas die slaaiblare in ’n bak en meng met die beet en Parmaham. Sprinkel die sous oor.

Om te drink
Om eer te betoon aan die Italiaanse afkoms van Parmaham, probeer ’n ligte, vrolike Italiaanse vonkelwyn. Prosecco is afkomstig van die Fruili-wynstreek in Noordoos-Italië. Kyk by Woolworths daarvoor.