Oondgebakte hoender

Oondgebakte hoender FOTO Micky Hoyle

Pasta

Pastaslaai

Pastaslaai is lekker vullend en min moeite, en ewe smaaklik as middagete.

genoeg vir 6

• 250 g pasta (bv. alfabet-pasta)
• 500 g dikgesnyde strepiespek (streaky)
• 2 mielies
• 6 klein komkommers
• 200 g kersietamaties, gehalveer
• 200 g cheddarkaas, in blokkies gesny
• 250 ml mayonnaise
• 250 ml Griekse-styl jogurt
• sout en varsgemaalde swartpeper

Kook pasta volgens aanwysings op verpakking. Dreineer en laat afkoel. Sny spek in stukkies en braai in ’n pan tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier en laat eenkant afkoel. Kook mielies 6 minute in ’n diep kastrol. Verwyder uit water en laat afkoel.

Sny pitte van stronk af. Sny komkommers in dun skyfies. Plaas al die bestanddele in ’n groot mengbak. Meng goed deur met ’n houtlepel. Plaas in lugdigte houer. Bêre in yskas tot benodig.