FOTO Lee Malan

FOTO Lee Malan

Resepte

Pastis-varktjops en vinkelbol-slaai

Pastis is die bekendste drankie in Frankryk. Die likeur het ʼn anaysbasis en die heerlik om mee te kook! Jy kan ook ouzo of sambuca gebruik.

genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 15 minute

• 8 varktjops
• 60 ml olyfolie
• 250 ml pastis (of witwyn)
• 1 groot ui, gekap
• 30 g (30 ml) botter
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 30 ml vinkelsaad
• sout en varsgemaalde swartpeper

Slaaisous
60 ml olyfolie
• 15 ml rooiwyn-asyn
• 15 ml Dijon-mosterd
• 30 ml heuning

Vir Voorsit
2 vinkelbolle, in dun skywe gesny
• pak gemengde blaarslaai van jou keuse
• eetbare blomme (opsioneel)

Plaas varktjops in ’n plat bak en gooi olyfolie en pastis oor. Laat marineer sowat 15 minute. Verhit ’n pan oor matige hitte en braai ui in botter tot sag. Voeg knoffel en vinkelsaad by en braai. Plaas varktjops met marinade in pan, braai aan albei kante tot gaar, sowat 15 minute. Geur met sout en peper. Vir die slaaisous, meng olyfolie, rooiwynasyn, mosterd en heuning, en geur met sout en peper. Hou eenkant. Skep 2 varktjops in elke gas se bord, rangskik blaarslaai en vinkelskywe daarop. Versier slaai met eetbare blomme en bedruip met slaaisous. Sit voor.