sk0909pere03
Resepte

Peer-en-gorgonzola-slaai

4 porsies

  • 2 jong langsteel -knoffelbolle
  • 15 ml olyfolie
  • Forelle-pere, in wiggiesgesny
  • groot hand vol varsbronkors (watercress)
  • 150 g gorgonzola-kaas,in skywe gesny
  • 125 ml granaatpitte (opsioneel)
  • olyfolie
  • sap van 1 lemmetjie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Plaas knoffel in ’n oondbak en sprinkel olyfolie oor. Rooster tot sag, so 30 minute. Haal uit en laat afkoel. Sny knoffel in die lengte middeldeur. Rangskik al die bestanddele op ’n opdienbord en sprinkel olyfolie en lemmetjiesap oor. Geur met sout en swartpeper.

Om te drink
Arabella Sauvignon Blanc. Dis propvol koejawel- en peer-aromas, die perfekte pasmaat.