Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Rooi herfsslaai

(6 PORSIES)

  • 1 rooi-ui, dun gesny en in suurlemoensap geweek
  • 1 rooi soetrissie, in dun repies gesny
  • 2 bloos-appels, verkieslik Pink Lady of Fuji, fyngesny
  • 6 baba-bete, heel
  • 2 pakke Italiaanse slaaiblare
  • 75 g bosbessie-jellie, 1 cm x 1 cm-blokkies gesny
  • paar pienk peperkorrels

Slaaisous

  • 80 ml balsemasyn-reduksie
  • 125 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng slaaisous-bestanddele en rangskik dit op ’n plat opdienbord. Gooi slaaisous oor en sit dadelik voor.