sk08_4spyskaartvir201
Resepte

Sitrus-en-fetakaas-slaai

(2 porsies)

  • 2 lemoene
  • 2 rooi lemoene (blood oranges)
  • 1 nektarien
  • ½ papaja
  • 220 g fetakaas
  • olyfolie om oor te sprinkel
  • varsgemaalde swartpeper
  • kruisement-takkies vir garnering

Sny die skil van die lemoene en rooi lemoene af. Maak seker dat jy die sagte wit gedeeltes ook afsny. Sny albei soorte lemoen in ronde skywe. Sny die nektarien en papaja in fyn wiggies. Rangskik die vrugte in ’n bak en breek die fetakaas in groot stukke daaroor. Besprinkel met ’n bietjie olyfolie en geur met swartpeper. Garneer met kruisement.