sarie_096
Resepte

Slaai met edamame-bone

  • 130 g edamame-bone
  • 100 g aspersies
  • 100 g rosa-tamaties, gehalveer
  • 70 g roketblare
  • 50 g groen olywe, ontpit en halveer
  • 15 ml suurlemoensap
  • 50 ml olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kook bone vir 5 minute en dreineer. Dompel aspersies vir 2 minute in kookwater. Dreineer, laat afkoel en sny elkeen in 3 stukke. Meng bone, aspersies, tamaties, roket en olywe in slaaibak.
Voeg suurlemoensap, olyfolie en knoffel by. Geur met sout en swartpeper.