FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Slaai met geroosterde aartappels, ertjies en spek

(4 – 6 porsies)
25 minute

• 700 g baba-aartappels
• 45 ml botter
• 250 g spek
• 200 g bevrore ertjies
• 80 ml olyfolie
• 30 ml korrelmosterd
• sap en skil van 2 suurlemoene
• hand vol gekapte pietersielie
• 200 g slaaiblare van jou keuse
• sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas aartappels in pot met koue water en bring tot kookpunt oor matige hitte. Laat kook vir 10 – 15 minute of tot sag en gaar. Verhit botter in middelslagpan en voeg spek by. Braai sowat 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin en bros. Skep spek uit pan en hou eenkant. Gooi ertjies in dieselfde pan en braai vinnig vir 2 – 3 minute of tot net sag. Meng olyfolie, mosterd, sap en skil van suurlemoene en pietersielie vir ’n slaaisous. Plaas slaaiblare in opdienbak van jou keuse, halveer aartappels en voeg by. Breek spek in growwe stukke en strooi oor, gevolg deur gebraaide ertjies. Geur goed met sout en peper. Gooi slaaisous oor en sit voor.