Foto's deur Micky Hoyle

Pluimvee

Slaai met geroosterde hoender en papaja

(4 porsies)
Koop 1 heel gaar hoender en sny in groot stukke van been af. Skil en sny 1 papaja in skywe. Sit hoender met papaja, 80 g botterslaaiblare, sowat 4 groot sprietuie en ’n hand vol vars koljander in ’n bak. Meng ’n hand vol fyngekapte vars kruisement, 10 ml heuning, 100 ml olyfolie, sap van halwe suurlemoen, 1 knoffelhuisie en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Gooi sous oor hoender en papaja.