Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Slaai met groenbone, sampioene en gruyère-kaas

(6 – 8 porsies)

  • 360 g dun Franse groenbone
  • 250 g wit sampioene
  • 150 g gruyère-kaas, gerasper
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 120 ml olyfolie
  • 60 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sny takkies aan punte van boontjies af. Plaas boontjies in ‘n groot bak en gooi kookwater oor. Laat staan vir 10 minute. Dreineer en laat afkoel. Sny sampioene in skywe en meng met afgekoelde bone. Meng nou die kaas deur. Meng knoffel, olie en suurlemoensap en geur met sout en peper. Gooi sous oor slaai en meng goed deur. Gooi die slaaisous oor die slaai net voor jy dit voorsit. As die sampioene te lank in die sous lê, word hulle bruin. Dit smaak steeds lekker, maar lyk nie so mooi nie.