sk0609spyskaart201
Resepte

Slaai met warm tamatie en bokmelkkaas

  • 3 groot rosa-tamaties, gehalveer
  • 2 salotte, in kwarte gesny
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 45 ml fyngerasperde parmesaan-kaas
  • 100 g vars aspersies
  • 1 crottin-bokmelkkaas

Verhit jou oond tot 200 °C. Plaas tamaties en salotte op ’n bakplaat. Sprinkel olyfolie oor en geur met sout en swartpeper. Sprinkel parmesaan-kaas net op die tamaties. Plaas in warm oond en rooster vir 20 – 25 minute. Dompel aspersies in kookwater vir sowat 5 minute. Haal uit en dreineer. Sny bokmelkkaas in ringe. Rangskik al die bestanddele in ’n bakkie of op ’n bord. Sprinkel nog ’n klein bietjie olyfolie oor.