Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS FEB/MRT 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS FEB/MRT 2014

Resepte

Slaai van piekel-komkommer,rooi-uie en tamatie

Tradisionele uie-en-tamatieslaai raak weer mode.
Genoeg vir 6 porsies

• 250 ml wit asyn
• 10 g suikerplaasvervanger (Canderel Yellow)
• 10 ml vinkelsaad
• 2 knoffelhuisies, gesny
• 10 ml droë brandrissievlokkies
• 1 groot komkommer, in ringe gesny
• 2 rooi-uie, in ringe gesny
• 500 g gemengde kersietamaties, gehalveer
• sout en varsgemaalde swartpeper

Bring asyn, suikerplaasvervanger en vinkelsaad tot kookpunt in ’n middelslag-kastrol. Voeg knoffel en brandrissievlokkies by. Kook 2 minute. Verwyder van hitte. Plaas komkommer en uie in groot mengbak en gooi warm asynsous oor. Meng deur en maak bak toe met kleefplastiek. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Voeg tamaties by. Geur goed met sout en varsgemaalde swartpeper.