Foto deur Lee Malan SARIE KOS OKT/NOV 2013

Resepte

Spanspekslaai met salm, avokado en fetakaas

Genoeg vir 4

• 1 spanspek, afgeskil, pitte verwyder en in blokkies gesny
• 1 advokado, in repe gesny
• 250 g gerookte salm/forel, in repe geskeur
• ½ komkommer, met groenteskiller in repe gesny
• 200 g fetakaas
• tropiese-vrugte-en-blommeslaaisprinkel (opsioneel)

Rangskik spanspek, avokado, salm/forel en komkommer op ’n opdienbord. Krummel fetakaas oor en versier met slaaisprinkel.