Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS JUN/JUL 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Resepte

Spek-en-avokado-slaai

Die kombinasie van warm spek en koue avokado is ʼn wenner.

(3 porsies)

  • 250 g strepiespek
  • 2 koppe langblaarslaai (cos)
  • 50 g pecorino-kaas, gerasper
  • 2 avokado’s
  • 3 eiers

Sous

  • 125 ml olyfolie
  • 30 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 5 ml Dijon-mosterd

Verhit oond tot 200 °C. Plaas spek op bakplaat en oondbraai tot dit bros is. Breek blare en rangskik op opdienbord. Sprinkel kaas oor. Rangskik avokado en spek bo-op. Posjeer eiers en sit bo-op die slaai. Meng al die bestanddele vir die slaaisous en gooi oor die slaai. Sit onmiddellik voor.

Posjeer só ’n eier
Bring pot met water tot kookpunt en voeg 60 ml asyn by. Breek eiers een vir een in koppie en laat elkeen versigtig in kookwater gly. Laat stadig posjeer vir 3 – 5 minute. Skep uit met gaatjielepel.