Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Resepte

Steak-en-parmesaan-kaas-slaai

ʼn Lekker ligte middagete.

(2 porsies)

  • 300 g rib-steak
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • 2 groen brandrissies
  • 140 mangetout-ertjies
  • 2 klein koppe rooi botterslaai
  • 50 g parmesaankaas
  • Dijon-mosterd vir voorsit

Geur steak met sout en peper. Smeer aan albei kante met 30 ml olyfolie. Verhit riffelpan tot baie warm. Braai steak weerskante tot hoe gaar jy dit wil hê. Haal uit pan en laat rus eenkant. Braai groen brandrissies in dieselfde pan tot vel van rissie bruin word. Plaas ertjies in bak en gooi 15 ml olyfolie oor. Braai ertjies nou ook in die riffelpan. Breek blaarslaai in stukke en plaas in opdienbakke. Sny steak in skywe en rangskik op blare. Plaas ertjies en brandrissies boop. Gebruik ’n groenteskiller en maak skaafsels van die parmesaankaas. Rangskik op slaai. Sit voor met mosterd.