Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Steak-en-sampioenslaai

(4 porsies)

  1. 60 ml olyfolie
  2. 8 minute-steaks
  3. 1 suurlemoen asook sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  4. 250 g wit sampioene, in kwarte gesny
  5. 1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny
  6. 1 pak gemengde blaarslaai van jou keuse

Verhit helfte van olie in pan. Braai steaks weerskante tot bruin – so 2 minute aan elke kant. Geur met sout en peper en druk helfte van die suurlemoen se sap oor. Sit res van bestanddele in groot slaaibak. Sny steaks in repe en meng deur. Sprinkel res van olyfolie en suurlemoensap oor.

Ekstra: Krummel so 3 fetakaassirkels oor slaai. Wees net versigtig met die sout, want fetakaas is reeds sout.