Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Resepte

Steak met murgpampoentjie-en-tamatieslaai

(genoeg vir 4)

  • 30 ml olyfolie
  • sap van halwe suurlemoen
  • 350 g minute steaks
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 rosa-tamaties
  • 6 murgpampoentjies
  • 60 ml olyfolie
  • 15 ml suurlemoensap
  • 40 g bronkors (watercress)

Sprinkel olyfolie en suurlemoensap oor steaks. Laat staan vir sowat 10 minute. Geur met sout en peper. Sny ’n kruisie net deur die skil van die tamaties en dompel in kookwater. Laat staan vir so 3 minute. Trek skil af en sny oop. Skep pitte en sap uit. Sny in blokke. Sny murgpampoentjies met ’n groenteskiller in lang repe. Meng tamaties en murgpampoentjies in ’n bak en gooi olyfolie en suurlemoensap oor. Geur en meng goed deur. Verhit ’n riffelpan en braai steaks weerskante tot so gaar jy dit wil hê. Skep van die slaai op borde en plaas steaks bo-op. Sprinkel van die bronkors bo-oor en sit voor.