Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

5 bestanddele

Steak-mozzarella-slaai

(4 porsies)

  1. 2 rooi soetrissies
  2. 90 ml olyfolie
  3. 8 minute-steaks
  4. 1 suurlemoen asook sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  5. 250 g wit sampioene, in skywe gesny
  6. 300 g mozzarella-kaas, in dun skywe gesny

Verhit oond tot 220 °C. Sit soetrissies op ‘n bakplaat en sprinkel sowat 30 ml olyfolie oor. Sit in oond en bak tot vel swart word. Draai soetrissies om tot hele vel effens swart is. Plaas in bak en maak onmiddellik toe met kleefplastiek. Laat staan vir sowat 10 minute – dit sal help dat die vel maklik afkom. Trek velle van soetrissie af en verwyder die pitte. Sny in dik skywe. Verhit 30 ml van olyfolie in pan en braai steaks weerskante – sowat 2 minute elke kant. Druk helfte van suurlemoensap oor en geur met sout en peper. Rangskik die soetrissie, steaks, sampioene en mozzarellakaas op ‘n groot opdienbord. Sprinkel res van olie en suurlemoensap oor.

Ekstra: Vars basiliekruid sal baie goed saam met dié gereg werk.