SARIE KOS FEB/MRT 2014

FOTO Donna Lewis

Resepte

Steurgarnaal-en-appelslaai

Gebruik bevrore garnale wat reeds skoongemaak is om dié maklike slaai nog makliker te maak.
Genoeg vir 6 porsies

• 15 ml kanola-olie
• 24 steurgarnale, doppe verwyder en skoongemaak
• 40 ml geroomde peperwortel (horseradish)
• 125 ml laevet-mayonnaise
• ½ rooi-ui, fyngekap
• 60 ml vars suurlemoensap
• 2 stingels seldery, gesny
• hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap
• 2 takkies dille, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 30 g baba-slaaiblare
• 3 groenappels, ontklok en in skywe gesny
• 12 baba-wortels

Verhit olie tot warm in middelslag-braaipan. Voeg garnale by en roerbraai 5 – 8 minute of tot ligpienk en gaar. Laat afkoel tot koud. Meng peperwortel, mayonnaise, ui, suurlemoensap, seldery en kruie saam. Geur goed met sout en peper. Voeg gaar garnale by. Meng slaaiblare, appels en wortels saam en plaas in opdienbak. Skep garnaal-mengsel bo-oor. Sit voor.