Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Resepte

Tamatie-en-basiliekruidslaai

Dit is so ʼn eenvoudige slaai, maar die kombinasie van vars basiliekruid en ryp tamaties is heerlik.
(Genoeg vir 4)

  • 6 groot tamaties van jou keuse
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sowat 10 vars basiliekruidblare
  • sowat 30 ml olyfolie

Sny tamaties in skywe. Plaas op opdienbord. Geur met sout en peper. Rangskik basiliekruidblare bo-op en sprinkel met olyfolie. Sit dadelik voor.