Slaai okt-nov
Resepte

Tamatie-en-gebraaide-eiervrug-slaai

Die eiervruggies kan voor die tyd geoondbraai word. Hou in ’n plastiekhouer in die yskas tot jy dit benodig.

genoeg vir 6

• 12 baba-eiervruggies
• sowat 40 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 kg verskeidenheid van tamaties, gehalveer
• hand vol vars basiliekruidblare
• 100 ml olyfolie
• 15 ml balsemasyn
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 2 ml Dijon-mosterd
• 10 g mikrokruie

Verhit oond tot 180 °C. Halveer eiervruggies in die lengte. Sprinkel helfte van 40 ml olyfolie op ’n bakplaat. Pak eiervruggies bo-op met die gesnyde kant na bo. Sprinkel res van 40 ml olyfolie oor en oondbraai sowat 30 minute tot sag. Haal uit oond en laat afkoel. Geur met sout en peper. Halveer tamaties en meng met basiliekruid in ’n slaaibak. Meng 100 ml olyfolie, asyn, knoffel en mosterd saam in ’n bakkie en gooi oor slaai. Sprinkel mikrokruie oor slaai en sit voor.