Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Resepte

Tamatie-komkommer-en-kruisementslaai

Enigiets met kruisement en komkommer is vir my baie verfrissend.
(Genoeg vir 6)

  • 1 geel soetrissie
  • ½ komkommer, in blokkies gesny
  • 4 groot tamaties, in skywe gesny
  • 30 ml gekapte pietersielie
  • 30 ml gekapte kruisement
  • 30 ml vars koljanderblare, gekap
  • 75 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Halveer soetrissie en verwyder pitte. Sny in baie dun repies. Rangskik soetrissie, komkommer, tamaties, pietersielie, kruisement en koljander op ’n opdienbord. Meng olyfolie, knoffel en suurlemoensap saam. Geur met sout en peper. Sprinkel oor net voor jy slaai voorsit.