sk08_4slaai02
Resepte

Varkfilet-op-spinasieslaai

(4 porsies)

  • sowat 500 g varkfilet
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 g repiespek (streaky bacon)
  • vars tiemietakkies om bo-op elke filet vas te bind
  • olyfolie
  • 120 g gemengde baba-spinasieblare (of slaaiblare van jou keuse)
  • 140 g mange tout-ertjies

Verhit jou oond tot 200 °C. Sny die filet in stukke van sowat 8 cm. Geur met sout en swartpeper. Draai die repiespek om die filetstukke. Plaas ’n vars tiemietakkie bo-op elkeen en bind vas met ’n stukkie tou. Besprinkel met die olyfolie. Plaas op ’n bakplaat en rooster in die oond vir sowat 20 minute. Rangskik die blare, mange tout-ertjies en filetstukke op ’n opdienbord en bedien die slaaisous apart in ’n bakkie.

Mosterd-slaaisous

  • 100 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 15 ml korrelmosterd

Meng al die bestanddele goed saam.

 

Om te drink
By varkvleis is ’n effe vrugtiger witwyn ’n treffer. Simonsig Chenin Blanc is nie net lekker op die tong nie, maar lig op die sak teen onder R20 per bottel!