Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Resepte

Varkvleisrepe met kool-en-appelslaai

(Genoeg vir 4)
Roostertyd: 40 minute

  • 250 ml tamatiesous
  • 250 ml blatjang
  • 75 ml sojasous
  • 125 ml worcestersous
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 10 varklende-repe

Kool-en-appelslaai

  • 3 klein baba-kooltjies
  • 5 groenappels, gerasper
  • 30 ml suurlemoensap
  • sowat 375 ml mayonnaise
  • mikrokruie

Verhit rooster-element van oond. Meng tamatiesous, blatjang, sojasous en worcestersous in ’n bakkie. Voeg knoffel by en meng goed. Voer ’n bakplaat uit met tinfoelie. Plaas varklende-repe in ’n bak en gooi sous oor. Laat staan sowat 30 minute. Pak vleis op uitgevoerde bakplaat en plaas onder rooster-element. Draai ná so 20 minute om en verf vleis met nog van die sous. Laat verder rooster tot gaar. slaai Halfveer koolkoppe en sny in dun skywe. Maak koolstukkies los van mekaar. Rasper 4 van die appels en gooi onmiddellik helfte van suurlemoensap oor. Plaas in sif en druk al die sap van die appels uit. Gooi sap weg. Voeg appels by kool en voeg mayonnaise by. Meng goed. Halfveer die laaste appel en sny in dun skyfies. Gooi res van suurlemoen oor en rangskik bo-op slaai. Sprinkel mikrokruie oor.

WENK
Die sous waarin die varklende-repe gemarineer word, werk ook goed vir varktjoppies. As jy wil, kan jy so 2 groot wortels rasper en dit by die slaai voeg.