Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Diabeties

Waldorf-hoenderslaai in ’n wrap

Resep deur Annerien Vermeulen

(8 porsies)

  • 30 ml laevet-mayonnaise
  • 160 ml vetvrye gewone jogurt
  • 10 ml suurlemoensap
  • 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil
  • 10 ml Dijon-mosterd
  • 10 ml gekapte tiemie
  • 500 ml geposjeerde hoenderfilet*, afgekoel en in blokkies gesny
  • 2 granny smith-appels, in blokkies gesny
  • 120 ml gekapte okkerneute, gerooster
  • 1 selderystingel, gekap
  • sout en peper
  • 8 volgraan-, multisaad- of koljandertortillas/

Wraps

  • blaarslaai

Meng die mayonnaise, jogurt, suurlemoensap en -skil, mosterd en tiemie saam. Vou die hoender, appels, okkerneute en seldery by en geur met sout en peper.

Samestelling

Verhit die tortilla volgens die pakkie se aanwysings, en vul met blaarslaai, gevolg deur ’n ¾ koppie van die hoendermengsel. Vou die tortilla op en sny in die helfte. Sit voor.