SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

FOTO Donna Lewis

Resepte

Warm caprese-slaai

genoeg vir 2

• 100ml balsemasyn
• 30ml bruinsuiker
• 2 heel ster-anys-peule
• 2Italiaanse tamaties
• 4 repies parmaham
• 15ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 150g sagte mozzarella-kaas (buffalo mozzarella)
• hand vol basiliekruidblare

Verhit oond tot 180°C. Kook asyn, suiker en ster-anyspeule oor lae hitte vir 15 minute of totdat helfte van vloeistof weggekook is. Sny onderkante van tamaties af sodat hulle regop kan staan. Draai elke tamatie toe in twee repies parmaham. Plaas op ʼn baklaat en sprinkel olyfolie oor. Geur met sout en swartpeper. Bak 20 minute of totdat parmaham goudbruin is. Breek mozzarella in stukke, skeur basiliekruidblare daaroor en sit die warm tamaties bo-op. Gooi asynsous oor en sit voor

Wenk
Jy kan enige soort tamatie gebruik. Rooster hulle langer of korter na gelang van grootte. Hulle is reg sodra die skil oopbars.