sk10036hr_tuis15
Pluimvee

Warm hoenderslaai

(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml suurlemoensap
  • 4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 blikke (410 g elk) borlotti-bone
  • 30 g vars basiliekruidblare, grofgebreek
  • 75 ml olyfolie
  • 15 ml suurlemoensap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap

Gooi olyfolie en suurlemoensap oor hoender. Geur met sout en swartpeper. Verhit ‘n kleefvrye pan. Braai hoender vir sowat 10 minute aan elke kant tot gaar. Meng res van die bestanddele en
geur met sout en swartpeper. Sny hoenderborsies in dik skywe en voeg by bonemengsel.