Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS JUN/JUL 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2014

Resepte

Aartappel-en-sampioensop

4-6 Porsies

Verhit 55 g (60 ml) botter en 45 ml olyfolie tot warm in ’n middelslag-pot. Voeg 1 gekapte ui en 2 gekapte knoffelhuisies by en braai so 2 minute vinnig of tot begin verbruin. Voeg 250 g gekapte spek en 400 g bruin sampioene by en braai nog 5 minute. Voeg 5 geskilde aartappels wat in blokkies gesny is, 500 ml melk en 500 ml water by. Verlaag hitte en laat 10 – 15 minute stadig kook tot aartappel sag en gaar is. Verpulp in voedselverwerker. Voeg ekstra warm melk by as sop te dik is. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor met ekstra gebraaide sampioene.