FOTO Donna Lewis
SARIE JUNIE 2014

FOTO Donna Lewis SARIE JUNIE 2014

Resepte

Aartappelsop met spek en preie

Net een happie van dié romerige sop sal jou binne minute warm maak van binne!

genoeg vir 6 – 8

• 45 g (50 ml) botter
• 3 preie, gesny
• 250 g spek, grofgekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 4 aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
• 700 ml hoenderaftreksel
• 125 ml room
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Smelt die botter in ’n kastrol. Voeg preie, spek en knoffel by. Maak kastrol toe en kookbraai vir 15 minute tot sag. Roer so elke nou en dan. Voeg die aartappels en aftreksel by. Bring tot kookpunt en laat prut vir sowat 20 minute. Laat afkoel en gooi die mengsel in ’n voedselverwerker. Pols tot gladde puree. Gooi mengsel terug in kastrol en voeg room by. Bring tot kookpunt en geur met sout en swartpeper. Sit voor met ekstra brosgebraaide spek.