Resepte

Aartappelsop

Vir haastige mense is hier ’n sop wat jy binne ’n uur kan maak

(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 400 g varksteak (gammon), in blokkies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 6 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 2 vars tiemietakkies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 ml groente-aftreksel

Verhit olyfolie in ’n kastrol. Voeg die gammon-blokkies by en braai sowat 3 minute. Voeg ui, knoffel, aartappelblokkies en tiemie by. Braai sowat 10 minute. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Voeg aftreksel by en maak kastrol toe met deksel. Laat prut 30 minute tot aartappels sag is. Druk van die aartappelblokkies fyn met ‘n vurk en sit warm voor.