Promosie-resep

Beesvleis-groentesop

(4 – 6 porsies)

  • 25 ml Hillcrest olyfolie
  • 1 kg stowe-beesvleis, in blokkies gesny
  • 1,5 liter water
  • 1 blikkie heel geskilde tamaties
  • 10 ml Worcestersous
  • 1 beesaftreksel-blokkie, gekrummel
  • 100 g uie, gekap
  • 4 wortels, geskil en in blokkies gekap
  • 85 g seldery, gekap
  • 3 aartappels, geskil en in blokkies gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Braai die vleis daarin tot bruin. Voeg die water, tamaties, Worcestersous en aftreksel-blokkie by. Prut vir 2 ure. Roer die groente in en kook tot sag. Geur met sout en swartpeper.