Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Beesvleisaftreksel

(sowat 1½ liter)

Verhit oond tot 230 °C. Plaas 900 g beesvleisskenkels en 900 g murgbene in ’n oondbak. Oondbraai 30 minute tot mooi bruin. Roer vleis en bene elke nou en dan. Voeg by 2 wortels, in skywe gesny, 2 selderystingels, in stukke gesny, 2 uie, in skywe gesny,en 2 preie, in stukke gesny. Oondbraai 40 – 45 minute. Roer nou en dan. Skep al die bestanddele in ’n groot kastrol. Skep alle vet uit wat in oondbak agtergebly het. Gooi 500 ml water in oondbak en plaas op stoofplaat. Verhit en laat alle stukkies wat in bak vasgesit het, loskook. Voeg dit nou by vleis en groente in kastrol. Voeg nog 1½ liter water by in kastrol en bring tot kookpunt. Skep skuim af wat bo-op vorm. Verlaag hitte en maak kastrol halftoe. Laat prut 30 minute. Voeg 1 blik (410 g) heel tamaties, 1 lourierblaar, 2 takkies vars tiemie en 5 ml sout by. Maak kastrol weer halftoe en laat prut 5 uur. Gooi aftreksel deur sif en laat koud word. Plaas in yskas. Skep die vetlagie bo af wanneer dit baie koud is. Die aftreksel sal 3 dae in die yskas hou en 6 maande bevries.