FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Laktosvry

Beetsop

Probeer dié heerlike sop. Dit het ’n bietjie meer tekstuur as gewoonlik.

genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 45 ml droë mosterdsaad
• 45 ml komynsaad
• 720 g beet (sowat 12), grofgerasper
• 2 x 500 ml-boksies groente-aftreksel
• 1 lourierblaar
• 30 ml witwyn-asyn
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 ml laktosevrye jogurt
• 1 x 125 ml-bottel peperwortel

Verhit olyfolie tot warm in middelslagpot. Braai ui 5 minute in olie tot dit begin verbruin. Voeg mosterd en komyn by en braai nog 5 – 8 minute of tot mosterdsade begin oopbars – jy sal letterlik skietgeluide in die pot hoor. Voeg beet by en braai nog 2 minute. Voeg aftreksel, lourierblaar en asyn by. Geur goed met sout en swartpeper. Verlaag hitte tot stadige prut en kook 15 – 20 minute of tot beet sag en gaar is. Gooi nog water by as al die vloeistof wegkook. Skep helfte van gaar beet uit en verpulp tot gladde mengsel met staafmenger (stick blender). Roer by res van beet wat in pot agtergebly het. Geur weer goed. Meng jogurt en peperwortel. Sit sop voor met lepels vol van die gegeurde jogurt.