sk1007bone5
Resepte

Boontjiesop

(4 – 6 porsies)

  • 500 g droë haricotboontjies
  • 30 ml olyfolie
  • 3 Kasselse tjops (gerookte varktjops)
  • 2 selderystingels, fyngesny
  • 2 wortels, fyngekap
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 vars tiemietakkies
  • 2 lourierblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1,5 liter groente-aftreksel

Week boontjies oornag of maak dieselfde dag gaar. As jy dit oornag week, gooi boontjies in ‘n bak en bedek met koue water. Dreineer die volgende oggend, gooi in ‘n kastrol en bedek weer
met koue water. Bring tot kookpunt en kook tot byna sag. Dreineer. Sny vleis van die been af en dan in blokkies. Verhit olyfolie in ‘n groot kastrol. Braai die vleis vir sowat 15 minute. Verlaag hitte en voeg die seldery, wortels, ui en knoffel by. Braai verder vir sowat 15 minute. Voeg boontjies, tiemie en lourierblare by en geur met sout en peper. Gooi aftreksel by en bring tot kookpunt. Sit deksel op en laat prut vir 2 – 3 uur. Hou die sop dop. As dit te dik word na jou smaak, voeg net nog aftreksel by.

  • http://jayrsefknomr.com/ jscuhlz

    HoAzd9 yepeoxfigfzj, [url=http://hjijxiuozkao.com/]hjijxiuozkao[/url], [link=http://hoabjjccmxam.com/]hoabjjccmxam[/link], http://jzjuaaqceauu.com/

  • rhtqxspw

    P1alzu tnlxgoznkknq, [url=http://aczfazhfyosm.com/]aczfazhfyosm[/url], [link=http://xxxslhlxsbls.com/]xxxslhlxsbls[/link], http://lbozalbtwzmt.com/