Foto's deur Micky Hoyle

5 bestanddele

Botterskorsie-sop

(4 porsies)

  1. 30 ml olyfolie
  2. 1 ui, fyngekap
  3. 1 knoffelhuisie, fyngekap
  4. 500 g botterskorsie-blokkies
  5. 500 ml melk, asook sout en varsgemaaldeswartpeper na smaak
  6. 4 sirkels feta-kaas, gekrummel

Verhit olyfolie in kastrol. Braai ui en knoffel tot lig en deurskynend. Voeg botterskorsie en sowat 100 ml water by. Sit deksel op en laat prut tot sag. Verpulp die mengsel in jou voedselverwerker. Gooi terug in kastrol en voeg melk by. Geur met sout en peper. Verhit tot net voor kookpunt. Skep in sopbakkies en sprinkel van die gekrummelde feta bo-op.

Ekstra: Jy kan gerasperde skil van ‘n halwe lemoen byvoeg vir ekstra smaak.