sk060930min03_xtend
6 uur tuis, eet half 7

Botterskorsie-sop

4 porsies – 25 minute

  • 1 kg opgesnyde botterskorsie
  • 300 ml water
  • 1 groente-aftrekselblokkie
  • 250 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • room, om te garneer

Plaas botterskorsie, water en groente-aftrekselblokkie in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt. Maak kastrol toe en laat kook tot botterskorsie sag is. Verwerk in ’n versapper en gooi puree terug in kastrol. Voeg melk by en geur met sout en swartpeper. Verhit tot net by kookpunt. Sit voor met ’n klein bietjie room bo-op geskep