FOTO Micky Hoyle

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Resepte

Chorizowors-en-lensiesop

Ek gebruik geblikte lensies om die kookproses vinniger te maak.

genoeg vir 6

• 30 ml olyfolie
• 2 wortels, skoongeskraap en in ringe gesny
• 1 ui, fyngekap
• 1 stingel seldery, in skyfies gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 liter beesaftreksel
• 2 lourierblare
• 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
• 2 x 400 g-blikke lensies
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 chorizowors van sowat 225 g
• 15 ml olyfolie

Verhit olyfolie in ’n groot kastrol. voeg wortels, ui, seldery en knoffel by. Braai oor lae hitte tot groente byna sag is. Voeg aftreksel, lourierblare en tamaties by. Dreineer lensies in ’n sif en spoel goed af. Voeg by sop en geur met sout en peper. Maak toe met deksel en laat prut sowat 30 minute. Sny chorizo in skywe. Verhit olyfolie in pan en braai chorizo sowat 5 minute. voeg by sop en laat verder oop prut vir nog sowat 10 minute.