Foto's deur Manos Chatzikonstantis

Foto's deur Manos Chatzikonstantis

Resepte

Groenbone-en-aartappelsop

(sowat 3 liter)

•    2 preie
•    ongeveer 400 g lam- of beesvleisskenkelbene
•    4 eetlepels olyfolie
•    1 ui, fyngekap
•    2 knoffelhuisies, fyngekap
•    1 kg groenbone, ente afgesny en in kort stukkies gesny
•    growwe sout en varsgemaalde swartpeper
•    2 liter warm water
•    600 g aartappels, geskil en in groot stukke gesny

Halveer die preie in die lengte en sny in dun skywe. Spoel goed af en dreineer. Spoel die bene af en droog af met kombuispapier. Verhit die olyfolie in ‘n groot kastrol. Braai die bene tot mooi bruin. Voeg die ui en preie by en braai tot goudbruin. Voeg die knoffel by en braai tot jy die geur daarvan kry. Gooi die bone by en roer goed deur. Voeg sowat 3 teelepels growwe sout by en geur met swartpeper. Voeg 1,5 liter warm water by en maak die kastrol gedeeltelik toe. Laat prut vir ongeveer 1 uur – roer so elke nou en dan. Gooi die aartappels en nog 500 ml warm water by. Prut vir nog 30 minute tot die aartappels sag is, maar nie uitmekaar val nie. Verwyder die bone. Skep sowat 1 liter van die sop uit – meestal bone en vloeistof, net ‘n paar aartappels. Versapdie uitgeskepte sop en gooi terug in die kastrol. Geur weer indien nodig.