sop
Resepte

Halim-sop

(10 porsies)

  • 25 g ghee
  • 50 ml sonneblomolie
  • 5 uie, in skywe gesny
  • 750 g swart lensies
  • 250 g dholl gram
  • 250 g koring
  • 750 g lamsvleis, in blokkies gesny
  • 100 g halim-speserye
  • knippie saffraan
  • 25 g kruisementblare, grofgekap
  • 25 g vars koljanderblare, grofgekap
  • 2 groen brandrissies, ontpit en fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 sprietuie, fyngekap
  • brandrissiesous

Verhit ghee en olie in ‘n pan en braai helfte van uie tot goudbruin. Hou eenkant. Kook lensies, dholl gram en koring in aparte kastrolle soos aangedui op pakkies tot sag. Dreineer en hou eenkant. Braai res van uie tot goudbruin en voeg lamsvleis, halim-speserye en saffraan by. soteer vir sowat 15 minute. Voeg genoeg water om te bedek by en laat kook. Voeg saggekookte lensies, dholl gram en koring by en laat kook vir sowat 30 minute. Voeg geurmiddels en gebraaide uie by. Geur met sout en swartpeper. Sit voor met gekapte sprietuie en brandrissiesous.

Wat dit beteken:
Ghee – Ongesoute botter wat oor lae hitte geprut word sodat die water daarin afkook en die melkproteïene afsak. Dit hoef nie verkoel te word nie.
Dholl gram – Geel kekerertjies, soet en neutagtig.
Halim-speserye – Gemmer, knoffel, uie, kaneelstokkies en swartpeperkorrels, saamgemaal. Meng self – gelyke gewig van elk.