Foto deur Micky Hoyle

Pluimvee

Hoenderaftreksel

(sowat 1,5 liter)

Plaas 1 heel hoender in ’n groot kastrol en gooi Hoenderaftreksel by. Bring tot kookpunt. Skep die skuim af wat bo-op vorm. Verlaag hitte en maak kastrol halfpad toe met deksel. Laat prut 30 minute. Voeg 2 gekapte selderystingels met blare, 2 uie, in kwarte gesny, 1 wortel, in ringe gesny, 3 preie, in ringe gesny, 2 lourierblare, 3 vars takkies tiemie, 5 ml sout en varsgemaalde swartpeper by. Laat prut halftoe vir 4 uur. Verwyder bene en gooi aftreksel deur ’n sif. Gooi vleis weg. Laat koel af en plaas in yskas. Skep vet af wat bo-op vorm. Die aftreksel sal 3 dae in jou yskas hou en 6 maande in bevrore vorm.