q0i9827
6 uur tuis, eet half 7

Kerrie-botterskorsiesop

(4 – 6 porsies)

  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml kerriepoeier
  • 5 ml fyn neut
  • 500 g botterskorsie, geskil en grofgekap
  • 1,5 liter hoenderaftreksel
  • sap en gerasperde skil van 1 lemoen
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie en botter in ‘n middelslag-pot tot warm. Voeg ui en knoffel by. Braai liggies vir 5 minute of tot begin verkleur. Voeg speserye by en braai nog 2 minute. Voeg botterskorsie by en braai weer vir 5 minute. Gooi aftreksel, sap en skil by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir sowat 15 minute. Verpulp in ‘n voedselverwerker. Voeg 200 ml room by en meng goed. Geur met sout en peper. Sit warm voor saam met res van die room en tuisgebakte brood.