sk08_4basil01
Resepte

Koue basiliekruid-en-jogurt-sop

(6 porsies)

  • 2 Engelse komkommers
  • 400 ml ligte groente-aftreksel, afgekoel
  • 300 ml room
  • 500 ml jogurt
  • 200 ml tamatiesap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 100 g klein pienk garnale (een blikkie), gedreineer
  • 30 g vars basiliekruidblare, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Halveer die komkommers en skraap die sade uit, maar hou die skil aan. Sny die komkommers in klein blokkies. Meng al die bestanddele in ’n groot bak en geur met sout en swartpeper. Plaas in die yskas vir minstens drie uur. Garneer met nog vars basiliekruidblare.

 

Om te drink
Probeer Stormhoek Pinot Grigio. Dié wyn is verfrissend, met ’n speseryagtige neus.