sk0912beet05
Resepte

Koue beetsop

(4 porsies)

  • 40 ml olyfolie
  • 1 ui, grofgekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 6 middelslag bete, geskil en in blokkies gesny
  • 500 ml groente-aftreksel
  • 5 ml balsemasyn
  • 15 ml strooisuiker
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • crème fraîche, om voor te sit
  • ekstra olyfolie

Verhit olyfolie in ‘n kastrol en braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg beet by en braai vir 5 minute. Voeg aftreksel by en maak kastrol toe met deksel. Laat prut vir sowat 1 uur tot beet sag is. Voeg balsemasyn en strooisuiker by en kook vir 15 minute. Gooi in voedselverwerker en verwerk tot glad. Gooi terug in kastrol en voeg room by. Geur met sout en swartpeper. Meng goed. Laat afkoel en plaas in yskas. Sit voor met crème fraîche en ekstra olyfolie.