Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Kos

Koue broccoli-sop

So ’n koue sop kan die dag voor die tyd al gemaak en in die yskas gehou word.

• 30 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 700 g broccoli
• 500 ml groenteaftreksel
• 375 ml room
• sout en varsgemaalde swartpeper
• olyfolie om bo-op te sprinkel
• baba-slaaiblare

Verhit olyfolie in ’n groot kastrol. Voeg ui en knoffel by en braai tot sag en deurskynend. Voeg broccoli en aftreksel by en maak kastrol toe met ’n deksel. Laat prut tot broccoli sag is. Haal van hitte af en laat afkoel. Plaas broccoli-mengsel in voedselverwerker en verpulp tot glad. Gooi uit in ’n bak en voeg room by. Meng goed deur en geur met sout en peper. Plaas sop in yskas tot benodig. Skep uit in sopbakkies en drup paar druppels olyfolie bo-op. Rond af met ’n paar baba- slaaiblare.