Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS AUG/SEP 2012

Resepte

Koue komkommersop

Die perfekte begin vir ʼn lente-middagete. Jy maak die sop binne minute-sonder om te kook!

(genoeg vir 8)

  • 2 komkommers
  • 500 ml Griekse jogurt
  • 1 hand vol dille, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml fyn koljander
  • 5 ml fyn komyn
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Salsa

  • 1 klein komkommer, klein blokkies gesny
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 1 hand vol koljander, fyngekap
  • sap van 1 suurlemoen

Plaas al die bestanddele vir die sop in voedselverwerker en maak op hoë spoed fyn tot gladde mengsel. Geur goed met sout en peper. As sop te dik is, voeg nog water by tot regte dikte. SalSa Meng alles in mengbak. Geur goed met sout en peper. Skep sop in klein glase of bakkies van jou keuse. Skep salsa oor en sit voor.