Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Koue murg-pampoentjie-sop

4 Porsies

Sny 700 g murgpampoentjies in dun skywe en plaas in kastrol. Voeg 10 ml droë hoenderaftreksel- poeier en 100 ml water by. Bring tot kookpunt en laat prut tot
sag. Laat ’n rukkie afkoel voor jy dit in jou versapper verpulp. Gooi uit in bak en
voeg 250 ml room by. Geur met sout en peper. Laat afkoel in yskas. Sit voor saam met ’n skeppie crème fraîche en ’n takkie bronkors.