Lee Malan

Resepte

Koue tamatiesop met chorizo-en-gerookte- mozzarellabroodstokkies

Die resep klink dalk eenvoudig, maar die smaak is dit allermins.
Genoeg vir 4
Baktyd: 10 minute

  • 2 x 400 g-blikke
  • kersietamaties
  • 50 g tamatiepuree
  • paar blare basiliekruid
  • 500 ml room
  • sout
  • 250 g winkelbrooddeeg, in 12 balletjies verdeel
  • 2 chorizoworse, in klein
  • blokkies gesny
  • 50 g gerookte mozzarellakaas,
  • fyngerasper
  • 30 ml olyfolie
  • varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Sit kersietamaties, tamatiepuree, basiliekruid en room in ’n voedselverwerker. Verpulp tot fyn om sop te maak en geur met sout na smaak. Hou eenkant. Maak nou die broodvingers: Rol elke balletjie deeg op ’n meelbestrooide oppervlak in ‘n lang ovaal vorm. Pak chorizo en mozzarella op elkeen en vou toe. Rol met jou hand elke stuk gevulde deeg dat dit soos ‘n broodstokkie lyk. Plaas op ’n bakplaat, sprinkel met olyfolie en geur met sout en peper. Bak sowat 10 minute tot bros. Sit voor met sop. Wenk As broodstokkies na te veel moeite klink, kan jy die chorizo en mozzarella in die brooddeeg inknie. Sit deeg in ’n broodpan en verf met olyfolie. Sprinkel sout en peper oor. Bak teen 180 °C tot gaar.