Resepte

Lemoen-en-botterskorsie-sop

(6 porsies)

  • 50 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 kg botterskorsie, gesny
  • 300 ml groente-aftreksel
  • 2 repe lemoenskil
  • 500 ml lemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit olyfolie in ‘n kastrol. Braai ui tot sag en deurskynend. Voeg botterskorsie by en braai vir nog 5 minute. Gooi aftreksel en lemoenskil by en kook vir sowat 30 minute of totdat botterskorsie sag is. Verwyder van hitte en voeg lemoensap by. Laat ‘n bietjie afkoel voordat jy sop ‘n voedselverwerker gooi. Verwerk tot glad en geur met sout en swartpeper. Verhit weer voordat jy dit voorsit.

Om te drink: Danie de wet Limestone Hill Chardonnay